About | HeinOnline Law Journal Library | HeinOnline Law Journal Library | HeinOnline

1 Potchefstroom Elec. L.J. 1 (1998)

handle is hein.journals/per1998 and id is 1 raw text is: TRADISIONELE LEIERS: ERKENNING EN DIE PAD VORENTOE
TE Scheepers en W du Plessis*
1      Inleiding
Amptelike grondwetlike erkenning is vir die eerste keer in die Grondwet van die
Republiek van Suid-Afrika 200 van 19931 aan tradisionele leiers verleen. Voorheen
was die erkenning van tradisionele leiers deur die Swart Administrasie Wet 38 van
1927 en die verskeie Grondwette van die TBVC-state2 gerel.
Die instelling van tradisionele leiers is kontroversieel. Modemiste is van mening dat
die instelling van tradisionele leiers uitgedien is terwyl dit steeds erken en
gerespekteer word deur die verskillende gemeenskappe in Suid-Afrika. Hierdie
tweespraak het geblyk uit 'n ondersoek van die Traditional Authorities Research
Group in die Noordelike Provinsie, Provinsie van die Noordwes en KwaZulu-Natal.3
'n Tradisionele leier word gesien as kgosi ke kgosi ka batho ('n leier is 'n leier deur sy
mense), die vader van sy mense en 'n samebindende faktor wat as simbool van die
eenheid van die groep dien.
Fakulteit Regte, PU vir CHO.
1   A 181.
2   Transkei, Venda, Ciskei en Bophuthatswana
3   Die lede van die ondersoekspan was D Balatseng (Universiteit van die Noordweste); J Chiumya
(Universiteit van die Noorde); W Du Plessis (PU CHO); B De Wet (Universiteit van die
Noorde); G Ferreira (PU CHO); L Jansen van Rensburg (PU CHO); S Luthuli (Universiteit van
Zululand); M Mabiletsa (Universiteit van die Noorde); K Mojela (Universiteit van die Noorde);
P Mtsaulana (Universiteit van die Noorde); R Ndou (Universiteit van die Noorde); S Nzimande
(Universiteit van Zululand); N Olivier (Universiteit van Natal - Pietermaritzburg); B Oomen
(Van Vollenhoven Instituut voor Recht in Niet-Westerse Landen - Universiteit van Leiden,
Nederland); J M Otto (Van Vollenhoven Instituut voor Recht in Niet-Westerse Landen,
Universiteit van Leiden, Nederland); C Rautenbach (PU CHO); D Selala (Universitiet van die
Noordweste); TE Scheepers (PU CHO); J van den Heever (Universiteit van die Noorde); A van
der Walt (PU CHO); J Williams (Universiteit van Natal - Pietermaritzburg). Die verslag bestaan
nit 14 volumes en staan bekend as die Traditional Authorities Research Group The administrative
and legal position of Traditional Authorities in South Africa and their contribution to the
implementation of the Reconstruction and Development Programme (1996). Die stellings wat in
hierdie aantekening gemaak word, is hoofsaaklik gebaseer op die empiriese navorsing en
literatuurstudies wat gedoen is.

What Is HeinOnline?

HeinOnline is a subscription-based resource containing thousands of academic and legal journals from inception; complete coverage of government documents such as U.S. Statutes at Large, U.S. Code, Federal Register, Code of Federal Regulations, U.S. Reports, and much more. Documents are image-based, fully searchable PDFs with the authority of print combined with the accessibility of a user-friendly and powerful database. For more information, request a quote or trial for your organization below.



Short-term subscription options include 24 hours, 48 hours, or 1 week to HeinOnline.

Contact us for annual subscription options:

Already a HeinOnline Subscriber?

profiles profiles most