About | HeinOnline Law Journal Library | HeinOnline Law Journal Library | HeinOnline

38 De Jure 1 (2005)

handle is hein.journals/dejur38 and id is 1 raw text is: 





Delictual liability of the state for sexual

harassment in South African public

schools'


JM Potgieter
Blur LLM LLM LLD
Professor in Private Law, University of South Africa




                                OPSOMMING
           Deliktuele aanspreeklikheid van die staat vir seksuele teistering in
                               openbare skole
   Seksuele teistering kan tot deliktuele aanspreeklikheid lei indien aan die vereistes
   van 'n onregmatige daad voldoen word. Seksuele teistering kom wydverspreid in
   Suid-Afrikaanse openbare skole voor. Daar word geargumenteer dat die staat
   ingevolge artikel 60(1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 in gepaste
   gevalle deliktueel aanspreeklik behoort te wees vir seksuele teistering in openbare
   skole, Ingevolge artikel 60(1) is die staat aanspreeklik vir enige of verlies wat
   veroorsaak word as gevolg van enige daad of versuim in verband met enige op-
   voedkundige aktiwiteit wat deur 'n openbare skool bedryf word en waarvoor so-
   danige openbare skool aanspreeklik sou gewees bet by gebrek aan die bepalings
   van hierdie artikel. Selfs waar artikel 60(1) om een of ander rede nie van toepas-
   sing is nie (by omdat die seksuele teistering nie met 'n opvoedkundige aktiwiteit
   verband gehou het nie), behoort 'n openbare skool, en dus die staat, middellik
   aanspreeklik te wees vir die slagoffer se skade indien aan die vereistes vir middel-
   like aanspreeklikheid in die werknemer-werkgewer-situasie voldoen word. Dit wil
   egter voorkom asof seksuele teistering, volgens die sogenaamde standaardtoets
   vir middellike aanspreeklikheid, buite die perke van 'n werknemer se diensbe-
   trekking val omdat die werknemer wat seksueel teister gewoonlik, subjektief ge-
   sien, uitsluitlik sy eie belange nagestreef het en, objektief beskou, hom geheel en
   al van sy dienskontraktuele verpligtinge losgemaak het.
     Ten einde werkgewers middellik aanspreeklik te stel vir seksuele teistering
   deur werknemers, het heelparty buitelandse jurisdiksies die standaardtoets op
   grond van beleidsoorwegings uitgebrei. In hierdie verband het veral die risiko
   vir seksuele teistering wat in 'n werksituasie geskep of vergroot word, 'n rol
   gespeel. In Grobler v Naspers Bpk (2004 4 SA 220 (K)) bet die Kaapse Ho Hof
   die uitbreiding van die standaardtoets bevestig ten einde middellike aanspreek-
   likheid vir seksuele teistering in die werksplek te vestig, maar in Kern v Minister
   of Safety and Security (saak no 456/03 2004-11 -11 (HHA)) bet die Hoogste Hof
   van Appbl hom opnuut tot die standaardtoets verbind. Dit 16 nou op die weg
   van die Konstitusionele Hof of die wetgewer om die standaardtoets vir middel-
   like aanspreeklikheid aan te pas ten einde deliktuele aanspreeklikheid weens
   seksuele teistering in die werksplek moontlik te maak.


   I Adapted from a paper delivered at the World Conference on the Right to and Rights
   in Education, Netherlands (Amsterdam, Tilburg, The Hague), 25-30 November
   2004. The original paper has been accepted for publication in the conference pro-
   ceedings.

What Is HeinOnline?

HeinOnline is a subscription-based resource containing thousands of academic and legal journals from inception; complete coverage of government documents such as U.S. Statutes at Large, U.S. Code, Federal Register, Code of Federal Regulations, U.S. Reports, and much more. Documents are image-based, fully searchable PDFs with the authority of print combined with the accessibility of a user-friendly and powerful database. For more information, request a quote or trial for your organization below.



Short-term subscription options include 24 hours, 48 hours, or 1 week to HeinOnline.

Contact us for annual subscription options:

Already a HeinOnline Subscriber?

profiles profiles most