About | HeinOnline Law Journal Library | HeinOnline Law Journal Library | HeinOnline

34 De Jure 162 (2001)
Recent Developments Relating to Automatic Review Proceedings in the Land Claims Court

handle is hein.journals/dejur34 and id is 164 raw text is: 
162 Dejure


waarsku teen 'n kwaai hond. Die eienaar sal beide genoemde verwere kan
opper teen hierdie optrede van die benadeelde (indien aanvaar word dat
hy nadat hy die perseel het, deur die hond aangeval is en skade gely het).
Die regspraak erken ook hierdie oorvleueling van verwere soos blyk uit
Maartens v Pope 1992 4 SA 883 (N) 886H-887A.
  Die verskil tussen die twee verwere is dat die hof uit verskillende hoeke
daarna kyk. Die verweer van skuld aan die kant van die benadeelde sal in
meeste gevalle gebaseer wees op nalatigheid aan die kant van die
benadeelde. Die toets om vas te stel of daar nalatigheid aanwesig was aan
die kant van die benadeelde is objektief, naamlik die redelike man-toets.
Die hof kyk dus na die omstandighede waaronder die benadeelde se
skade veroorsaak is en bepaal op grond daarvan of hy nalatig was deurdat
hy afgewyk het van die optrede wat verwag word van 'n redelike man
onder die omstandighede.
  In geval van volenti non fit iniuria is die toets meer subjektief. Die
toestemming tot benadeling of toestemming tot aanvaarding van risiko is
'n eensydige handeling en moet blyk uit die optrede van die benadeelde.
Dit sal in die praktyk in meeste van die gevalle slegs bewys kan word
indien dit uit die getuienis van die benadeelde self blyk. Dit moet blyk dat
hy ten eerste kennis gedra het van die risiko, ten tweede die omvang
daarvan besef het en ten derde hom vrywilliglik daaraan onderwerp het.
Indien dit nie uit die getuienis van die benadeelde self blyk nie, kan dit
ook afgelei word uit sy optrede, byvoorbeeld deur 'n erf binne te gaan
waar daar 'n teken by die hek is dat daar 'n gevaarlike hond op die erf is
(soos in die geval van Maartens v Pope 1992 4 SA 883).

8 Gevolgtrekking
Die optrede van 'n persoon wat skade ly as gevolg van 'n huisdier wat
hom aanval en skade berokken, sal dikwels die basis vorm van genoemde
twee verwere. Die twee verwere is meestal gebaseer op dieselfde feite,
naamlik die optrede van die benadeelde. Toestemming tot benadeling of
risiko van benadeling (volenti non fit iniuria) skakel onregmatigheid uit.
Skuld aan die kant van 'n benadeelde, skakel waarskynlik kousaliteit uit,
sodat daar nie ges kan word dat die huisdier teen sy natuur opgetree het
nie. Indien die verweerder enige van hierdie verwere op 'n oorwig van
waarskynlikhede bewys, sal hy suksesvol wees.

                                                            C LOUW
                                               Universiteit van Pretoria


Recent Developments Relating to Automatic Review
Proceedings in the Land Claims Court


1 Backgroung
The Extension of Security of Tenure Act 62 of 1997 (ESTA) commenced
during 1997. The aim of the Act is twofold: To protect occupiers from
arbitrary eviction and to provide for long-term security of tenure. (See also

What Is HeinOnline?

HeinOnline is a subscription-based resource containing thousands of academic and legal journals from inception; complete coverage of government documents such as U.S. Statutes at Large, U.S. Code, Federal Register, Code of Federal Regulations, U.S. Reports, and much more. Documents are image-based, fully searchable PDFs with the authority of print combined with the accessibility of a user-friendly and powerful database. For more information, request a quote or trial for your organization below.



Short-term subscription options include 24 hours, 48 hours, or 1 week to HeinOnline.

Contact us for annual subscription options:

Already a HeinOnline Subscriber?

profiles profiles most