About | HeinOnline Law Journal Library | HeinOnline Law Journal Library | HeinOnline

13 Stellenbosch L. Rev. 98 (2002)
Die Aanspreeklikheid van die Narkotiseur op Grond van Nalatigheid

handle is hein.journals/stelblr13 and id is 112 raw text is: DIE AANSPREEKLIKHEID VAN DIE
NARKOTISEUR OP GROND VAN NALATIGHEID*
PA Carstens
BLC LLB LLD
Medeprofessor, Universiteit van Pretoria
Geassosieerde lid, Pretoria Balie
1 Die aard en omvang van narkosedood
Pasi~nte kan beserings opdoen of sterf gedurende sekere diagnostiese
en terapeutiese prosedures soos byvoorbeeld hartkaterisasie en koronare
angiografie, of gedurende operasies onder lokale of algemene narkose. Al
word die meeste van die prosedures onder narkose uitgevoer, is dit
volgens Schwir, Olivier en Loubsert misleidend om sterfgevalle tydens
die uitvoering van di& prosedures as narkosesterfgevalle te beskryf.
Slegs ongeveer 0,02% van alle sterfgevalle van pasi~nte wat narkose
ontvang het, kan aan die narkose self toegeskryf word.2 Dat 'n
sogenaamde narkosedood besondere implikasies vir die betrokke
narkotiseur inhou en problematies van aard is, is nie te betwyfel nie.3
Verbeterde tegnieke en ontwikkelinge in narkose het tot gevolg dat
veiliger narkoses deesdae toegedien word. Dit speel veral 'n rol by ouer en
onfikse persone. Desnieteenstaande kom daar wel sterfgevalle en
beserings onder narkose voor wat moontlik in verband gebring kan
word met nalatigheid aan die kant van die narkotiseur.4 Dit is veral
sterftes van pasiinte gedurende narkose wat hier ter sprake is. Mason voer
aan dat die term narkosedood beperk behoort te word tot those
* Hierdie artikel is behoudens enkele byvoegings, weglatings en veranderinge 'n uittreksel uit die skrywer
se ongepubliseerde LLD  proefskrif Die Strafregtelike en Deliktuele Aanspreeklikheid van die
Geneesheer op grond van Nalatigheid, Universiteit van Pretoria, 1996.
Die ABC van Geregfelike Geneeskunde (1984) 232.
2 Schwiir, Olivier & Loubser Geregielike Geneeskunde 232; Sien ook Gordon, Turner & Price Medical
Jurisprudence (1953) 510; Harrison Anaesthetic-Associated Mortality 1974 SA Mediese Tydskrif550;
Smit Die Narkotiseur en die Reg 1975 TRW 31.
3 Die dood van 'n persoon terwyl hy onder die invloed van algemene narkose of plaaslike
verdowingsmiddel is of wanneer die toediening van 'n verdowingsmiddel 'n aanleidende oorsaak is,
word nie geag 'n sterfgeval weens natuurlike oorsake (soos bedoel in die Wet op Geregtelike
Doodsondersoeke 58 van 1959 of die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes 51 van 1992) te
wees nie. Dit beteken dat 'n geregtelike nadoodse ondersoek steeds moet plaasvind na so 'n sterfgeval
voordat 'n sterftesertifikaat deur 'n geneesheer uitgereik kan word (a 56 van die Wet op
Gesondheidsberoepe 56 van 1974); sien ook Ficarra Surgical and Allied Malpractice (1968) 569;
Harney Medical Malpractice Law (1987) 1 ev.
4 Schwdir et al Geregtelike Geneeskunde 233 ev; Barlow Medical Negligence Resulting in Death 1948
THRHR 173 187; Ficarra Surgical Malpractice 569; Harney Medical Malpractice 2 ev; Holder Medical
Malpractice Law (1978) 210 ev; Annotasie Physicians and Surgeons 1981 American Jurisprudence
385; Annotasie Hospital's Liability for Injury or Death to Patient resulting from or connected with the
Administration of Anaesthetic 31 American Law Reports 3d 1114 ev; Uhlenbruck Die iirztliche
Haftung fdr Narkoseschiiden 1972 NJW 2201; Fieser Das Strafrecht des Anaesthesisten (1975) 92 ev;
Bappert Arzt und Patienten als Rechtsuchende (1980) 72; Laufs & Uhlenbruck Handbuch des Arztrechts
(1992) 1034.

What Is HeinOnline?

HeinOnline is a subscription-based resource containing thousands of academic and legal journals from inception; complete coverage of government documents such as U.S. Statutes at Large, U.S. Code, Federal Register, Code of Federal Regulations, U.S. Reports, and much more. Documents are image-based, fully searchable PDFs with the authority of print combined with the accessibility of a user-friendly and powerful database. For more information, request a quote or trial for your organization below.



Short-term subscription options include 24 hours, 48 hours, or 1 week to HeinOnline.

Contact us for annual subscription options:

Already a HeinOnline Subscriber?

profiles profiles most