About | HeinOnline Law Journal Library | HeinOnline Law Journal Library | HeinOnline

2004 J. S. Afr. L. 78 (2004)
Teoretiese Raamwerk Vir Die Implementering van Kinderregte in Suid-Afrika, 'N

handle is hein.journals/jsouafl2004 and id is 84 raw text is: 'n Teoretiese raamwerk vir die
implementering van kinderregte in
Suid-Afrika
CS HUMAN*
1 Inleiding
Die ratifikasie van die Verenigde Nasies se Konvensie op die Regte van die
Kind van 1989 en die handves van regte soos vervat in die Grondwet van die
Republiek van Suid-Afrika van 1996 het die idee van kinderregte stewig op
Suid-Afrika se agenda van nasionale regshervorming geplaas. Die oogmerk
van hierdie artikel is om die ideologie onderliggend aan die begrip kinderregte
te bepaal. Daar word vir huidige doeleindes aanvaar dat die erkenning en
implementering van kinderregte alleen lewensvatbaar en sinvol kan wees indien
dit regswetenskaplik verklaarbaar is. 'n Definisie van kinderregte ontbreek en
kinderregte is al omskryf as [a] slogan in search of a definition.1
Die idee van kinderregte is kompleks en betrek filosofiese, morele, juridiese
en sosiale oorwegings. Boonop moet oorweeg word of die regte wat aan kin-
ders verleen word dieselfde moet wees as di& waaroor volwassenes beskik, of
dieselfde regte aangepas moet word by die besondere behoeftes van die kind en
of dit regte moet wees wat eie aan 'n kind is.2 Die kompleksiteit van die begrip
word verder weerspie~l deur die groot verskeidenheid regte waarop aanspraak
gemaak word.
Holt bepleit byvoorbeeld 'n omvattende lys van kinderregte wat op gelyk-
stelling tussen volwassenes en kinders neerkom. Die lys sluit onder andere die
reg in om te stem, te werk, eiendom te besit en dwelms te gebruik. Pinchbeck
en Hewitt is minder ambisieus, maar beklemtoon tog die reg van kinders op
voldoende voedsel, klere, mediese sorg, toepaslike onderwys en beskerming
teen uitbuiting, wreedheid en verwaarlosing. Drinian verwys na die reg op
ekonomiese en opvoedkundige sekuriteit en emosionele stabiliteit.5 Die bydraes
van Freeman,6 Eekelaar,7 Wald,8 Coons en Mnookin9 weerspieOl die veelvou-
dige aard van kinderregte en akkommodeer elemente van beskerming aan
kinders maar verleen ook in gepaste gevalle onafhanklikheid aan hulle. Die
waarde van hul bydraes 1  daarin dat dit 'n raamwerk bied waarteen elke
* Professor in Privaatreg en Romeinse Reg, Universiteit van Stellenbosch.
Rodham Children under the law 1973 Harvard Educational Rev 487.
2 Rodham (n 1) 494-496.
3 Holt Escapeftom Childhood (1974) 114-205.
4 Pinchbeck en Hewitt Children in English Society soos aangehaal deur Franklin The Rights qf
Children (1986) 12.
5 Drinian The rights of children in modern American family law 1961 J o Family Law 101.
6 Freeman The Rights and Wrongs of Children (1983) 40-52.
7 Eekelaar The emergence of children's rights 1986 Olxtord J oI Legal Studies 161.
Wald Children's rights: a framework for analysis 1979 University oJ Calabrnia Davis LR 255.
9 Coons en Mnookin Toward a theory of children's rights in Baxter en Eberts (reds) The Child
and the Courts (1978) 391-398.
78

TSAR 2004 1

[ISSN 0257-7717]

What Is HeinOnline?

HeinOnline is a subscription-based resource containing thousands of academic and legal journals from inception; complete coverage of government documents such as U.S. Statutes at Large, U.S. Code, Federal Register, Code of Federal Regulations, U.S. Reports, and much more. Documents are image-based, fully searchable PDFs with the authority of print combined with the accessibility of a user-friendly and powerful database. For more information, request a quote or trial for your organization below.



Short-term subscription options include 24 hours, 48 hours, or 1 week to HeinOnline.

Contact us for annual subscription options:

Already a HeinOnline Subscriber?

profiles profiles most