About | HeinOnline Law Journal Library | HeinOnline Law Journal Library | HeinOnline

82 THRHR i (2019)

handle is hein.journals/tyromhldre82 and id is 1 raw text is: 






                    REDAKSIONELE BELEID


 1  Die THRHR stel hom ten doel om uitmuntendheid in navorsing op alle gebiede van
    die Suid-Afrikaanse reg te bevorder deur bydraes van gehalte te publiseer, hetsy as
    vollengte-artikels, hetsy as korter aantekeninge of vonnisbesprekings. Sodoende
    ondersteun dit hoëvlak leer, onderrig en navorsing. Alle bydraes in Engels of Afri-
    kaans word voorsien van opsommings in Afrikaans en Engels onderskeidelik. Waar
    gepas, kan opsommings in enige van die ander amptelike tale van Suid-Afrika ook
    voorsien word. Bydraes deur buitelandse skrywers word verwelkom.
 2  Die gehalte van publikasies word verseker deur bydraes te onderwerp aan beoor-
    deling deur erkende deskundiges in die betrokke veld. Veral waar minder ervare
    skrywers se werk ter sprake is, word bydraes wat nie publiseerbaar bevind is nie
    saam met die beoordelaar se kommentaar aan die skrywer teruggestuur en word die
    skrywer 'n geleentheid gegun om die bydrae weer voor te lê nadat dit omgewerk is.
 3  Vir doeleindes van eweknie-beoordeling maak THRHR gebruik van 'n uitgebreide
    redaksieraad, wat bestaan uit vooraanstaande regsgeleerdes wat elke regsfakulteit in
    die Republiek van Suid-Afrika verteenwoordig, asook ere- en oorsese lede. Alle
    bydraes wat vir publikasie voorgele word, is onderhewig aan eweknie-beoordeling.
 4  Bydraes in Engels en Afrikaans is ewe welkom; geen voorkeur word aan enige van
    die tale verleen nie.
 5  Bydraes wat reeds elders verskyn het, word in die reël nie vir publikasie aanvaar nie;
    hulle kan egter wel oorweeg word indien die redakteur meen dat die onderwerp en
    die gehalte van die item dit regverdig.
 6   'n Bydrae wat elders vir publikasie aangebied is maar wat om welke rede ook al nie
    aanvaar is nie, of slegs voorwaardelik aanvaar is, word as 'n reël nie vir publikasie
    deur die THRHR oorweeg nie. Die redakteur mag egter in sy diskresie wel plasing
    van sodanige bydrae oorweeg, mits die outeur openbaar dat die bydrae reeds elders
    aangebied is en, waar van toepassing, redes verskaf waarom dit nie vir publikasie
    aanvaar is nie of voorwaardelik aanvaar is.
 7  Bydraes wat vir publikasie aanvaar is, sal gewoonlik verskyn in die volgorde waarin
    hulle ontvang is. Die redakteur kan egter by geleentheid van hierdie praktyk afwyk
    om wat inhoud betref die balans te behou tussen die verskillende items wat in 'n
    bepaalde uitgawe verskyn, of om 'n bydrae wat buitengewoon aktueel is, te akkom-
    modeer.
 8   THRHR se plagiaatbeleid is in 2017 THRHR 704 gepubliseer en is ook op aanvraag
    by die Redakteur beskikbaar.
 9  Navorsing deur minder ervare skrywers word aangemoedig deur die uitloof van 'n
    prys vir die beste bydrae deur 'n eersteling-bydraer wat die rang van senior lektor of
    laer beklee ten tyde van die voorlegging van die bydrae.
10  Daar word 'n prys uitgeloof vir die beste artikel ongeag onderwerp of taalmedium.
11  Die voortgesette ontwikkeling van Afrikaans as regstaal word aangemoedig deur die
    uitloof van 'n prys vir die beste bydrae in Afrikaans.
12  Die skryf van nuttige bydraes van meer beperkte omvang word aangemoedig deur
    die uitloof van 'n prys vir die beste aantekening of vonnisbespreking.
13 Meerdere bydraes deur een skrywer kan saam vir 'n prys oorweeg word. Die redaksie
    hou egter die reg voor om geen prys in 'n bepaalde kategorie toe te ken nie indien dit
    van mening is dat die gehalte van die bydraes wat ontvang is, nie die toekenning van
    die prys regverdig nie.
14  Bydraes deur bestuurslede van die Vereniging Hugo de Groot, die redaksiekomitee
    en die redaksie kom nie vir pryse in aanmerking nie.

What Is HeinOnline?

HeinOnline is a subscription-based resource containing thousands of academic and legal journals from inception; complete coverage of government documents such as U.S. Statutes at Large, U.S. Code, Federal Register, Code of Federal Regulations, U.S. Reports, and much more. Documents are image-based, fully searchable PDFs with the authority of print combined with the accessibility of a user-friendly and powerful database. For more information, request a quote or trial for your organization below.



Short-term subscription options include 24 hours, 48 hours, or 1 week to HeinOnline.

Contact us for annual subscription options:

Already a HeinOnline Subscriber?

profiles profiles most